Karabus dalk môre oppad huis toe

Prof. Cyril Karabus

Die hof in Abu Dhabi gaan na verwagting vandag uitspraak lewer in die appèlsaak teen die vrylating van prof. Cyril Karabus.

Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die dood van ʼn meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is onlangs van alle aanklagte vrygespreek, maar kon nie die land verlaat nie, aangesien ʼn staatsaanklaer appèl aangeteken het teen die uitspraak. As uitspraak ten gunste van Karabus gelewer word, kan hy reeds Dinsdag al terugkeer na die land.

Michael Bagraim, Karabus se prokureur, het gesê owerhede het ingestem om sy paspoort terug te gee.

Lees ook:
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.