Karabus dalk vinnig tuis

Prof. Cyril Karabus

Prof. Cyril Karabus kan teen die einde van die week terug in Suid-Afrika wees, het die departement van internasionale verhoudinge en samewerking Dinsdag aangekondig.

Karabus (77), ʼn pediatriese hematoloog van Kaapstad, is in 2003 in sy afwesigheid verhoor en aan strafbare manslag skuldig bevind na die dood van ʼn driejarige leukemielyer wat hy vir ʼn kort ruk in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) behandel het. Hy is in sy afwesigheid tot drie jaar tronkstraf gevonnis. Karabus is egter Augustus verlede jaar in Dubai in hegtenis geneem terwyl hy op pad terug was na Suid-Afrika na hy sy seun se troue in Kanada bygewoon het. Hy is weer aangekla en is in Oktober op borgtog vrygelaat maar moet in Dubai bly. Maite Nkoana-Mashabane, minister van die departement van internasionale verhoudinge en samewerking, het vandag aangekondig dat die VAE se mediese hersieningskomitee Maandagaand vergader het en dat Suid-Afrika hoop op ʼn gunstige uitkoms. Karabus is glo van alle blaam kwytgeskel en kan moontlik teen die einde van die week terug in Suid-Afrika wees. Die hersieningskomitee maak na verwagting Donderdag sy finale besluit bekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.