Karabus het borggeld ontvang

Prof. Cyril Karabus

Dr. Cyril Karabus, ‘n Suid-Afrikaanse dokter, het sy borggeld terugontvang, maar wag steeds op sy paspoort van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

“Karabus het die R250 000 ontvang, wat op beweging in die saak aandui,” het Michael Bagraim, prokureur vir Karabus, aan Cape Times gesê.

Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van ‘n meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor. Hy was egter steeds op die VAE se databasis as ‘n voortvlugtende aangedui.

Hy het Maandag glo tevergeefs by die gevangenis in Abu Dhabi, waar hy aangehou is, op sy paspoort gewag.

Lees ook:
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.