Karabus “hopelik” môre tuis

Prof. Cyril Karabus

Prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, word uiteindelik Vrydag terug in die land verwag nadat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) glo ʼn fout met sy visum gemaak het.

“Die probleme met sy visum word tans uitsorteer en hy behoort vandag die regte dokumente kry,” het Michael Bagraim, Karabus se prokureur, gesê. “Karabus vertrek môreoggend op ʼn direkte vlug na Kaapstad en behoort dan teen die middag terug in die land te wees,” het Bagraim bygevoeg.

Karabus sou Woensdag teruggevlieg het na Suid-Afrika en ʼn groot verwelkoming is vir hom in Kaapstad gereël. Hy sou om 11:00 vanaf Abu Dhabi vlieg ná ʼn lang gespook om sy paspoort terug te kry.

Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van ‘n meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor.

Lees ook:
Karabus: Nog ʼn terugslag
Karabus vlieg vandag terug
Karabus kry paspoort terug
Karabus het borggeld ontvang
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.