Karabus kry paspoort terug

Prof. Cyril Karabus

Dr. Cyril Karabus, ‘n Suid-Afrikaanse dokter, het sy paspoort van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ontvang en vlieg dalk reeds Woensdag terug na Suid-Afrika toe.

Michael Bagraim, Karabus se prokureur, het aan JacarandaFM gesê Karabus het sy paspoort en hy is tans besig om ʼn vlug terug huis toe te reël. “Ons is bly vir die ongelooflike nuus. Karabus kan heel moontlik môre [Woensdag] of Donderdag al terugvlieg,” het Bagraim gesê.

Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van ‘n meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor.

Lees ook:
Karabus het borggeld ontvang
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter ·

Wat het die Suid Afrikaanse regering aan die situasie gedoen waar een van sy burgers op die manier deur ‘n land hanteer is waarvan daar diplomatieke bande bestaan. Ou Fransman het met sy gebruiklike niksseggende grootbek al ‘n maand gelede sy terugkeer bekendgemaak die Dokter is oppad en daar het dit gebly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.