Karabus oorweeg verdere regstappe

Prof. Cyril Karabus groet sy vrou, Jenifer, Vrydag op die lughawe in Kaapstad. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Prof. Cyril Karabus, ʼn afgetrede Suid-Afrikaanse onkoloog wat uiteindelik terug is in die land ná maande se aanhouding in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE), oorweeg glo regstappe teen Emirates Airlines, die Hospital Group en die Abu Dhabi-regering, berig EWN.

Karabus het Vrydag teruggekeer na Suid-Afrika nadat hy vir nege maande lank vir ʼn aanklag van manslag in Abu Dhabi aangehou is. Al is hy van die aanklag vrygespreek, het hy verskeie terugslae beleef om terug te keer na Suid-Afrika.

Michael Bagraim, Karabus se prokureur, het Sondag gesê Karabus gaan dalk Emirates Airlines dagvaar, aangesien die lugredery hom nie van sy naderende inhegtenisneming in Augustus verlede jaar ingelig het nie. Hy is in Augustus op pad terug na Suid-Afrika, nadat hy sy seun se troue in Kanada bygewoon het, in Dubai in hegtenis geneem en in dié land aangehou.

Bagraim het gesê hulle oorweeg ook om die Hospital Group te dagvaar omdat hulle hom nie van sy skuldigbevinding in die VAE in 2002 ingelig het nie. Hy is in absentia gevonnis vir die afsterwe van ʼn meisie van Yemen wat hy destyds vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor. Sy regskoste beloop glo meer as R1 miljoen.

Karabus het sy eerste naweek terug in die land ontspan en tyd saam met sy familie spandeer.

Lees ook:
Karabus uiteindelik tuis
Karabus “hopelik” môre tuis
Karabus: Nog ʼn terugslag
Karabus vlieg vandag terug
Karabus kry paspoort terug
Karabus het borggeld ontvang
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.