Karabus uiteindelik tuis

Karabus word by die lughawe in Kaapstad ingewag. Foto: Jerusha Sukhdeo / Twitter

Na maande van “hel” is prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, uiteindelik terug in Suid-Afrika.

Karabus (78) se seun, Michael, het Vrydag aan JacarandaFM gesê veral die afgelope vyf maande, vandat Karabus vrygespreek is van die dood van ʼn meisie van Yemen, “was hel”. Karabus word sedert 18 Augustus in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van die meisie wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor.

“Ons wag al sedert hy vrygespreek is vir sy terugkoms. Elke keer is daar hoop en beloftes wat gevolg word deur een of ander terugslag,” hy Michael gesê.

ʼn Groot groep mense, waaronder lede van die Kaapse Klopse, het Karabus by die lughawe in Kaapstad verwelkom.

Lees ook:
Karabus “hopelik” môre tuis
Karabus: Nog ʼn terugslag
Karabus vlieg vandag terug
Karabus kry paspoort terug
Karabus het borggeld ontvang
Karabus dalk môre oppad huis toe
Karabus dalk binnekort tuis
Nóg ‘n terugslag vir Karabus
Karabus dalk eers oor 2 weke tuis
Karabus onskuldig bevind
Karabus dalk vinnig tuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.