Karabus Vrydag tuis verwag

Prof. Cyril Karabus, ʼn Suid-Afrikaanse onkoloog, word vandag terug in die land verwag nadat die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) glo ʼn fout met sy visum gemaak het.

“Hy sal ʼn direkte vlug van die VAE vat wat vroeg Vrydagoggend vertrek en sal hopelik teen middagete in Kaapstad aankom,” het Michael Bagraim, Karabus se regsverteenwoordiger, gesê. Die 78-jarige pediatriese onkoloog word sedert 18 Augustus in die VAE aangehou nadat hy in absentia gevonnis is vir die afsterwe van ‘n meisie van Yemen wat hy in 2002 vir leukemie behandel het. Hy is op 21 Maart vrygespreek en was ook suksesvol met sy appèlverhoor. Karabus het uiteindelik Dinsdag sy paspoort teruggekry maar sy visum het die verkeerde datum op gehad en Karabus se terugkeer na Suid-Afrika is weer vertraag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.