Karate-afrigter dalk skotvry

‘n Karate-afrigter van Fourways Gaan moontlik geen tronkstraf uitdien nie, ten spyte daarvan dat hy op 10 aanklagte van seksuele en onsedelike aanranding skuldig gepleit het.

Die afrigter het Vrydag glo ‘n ooreenkoms met die aanklaers by die landdroshof in Alexandra gesluit, berig EWN. Hy sal op 5 Desember gevonnis word. Hy is verlede jaar in hegtenis geneem en is aanvanklik daarvan aangekla dat hy 11 van sy studente gemolesteer het. Hy is ook aangekla dat hy een van hulle glo verkrag het.

Die afrigter het gesê hy het besluit om op sewe klagtes van seksuele aanranding en drie klagtes van onsedelike aanranding skuldig te pleit. Hy sê dit was ‘n moeilike besluit, en hou vol dat dit onmoontlik is om karate te leer sonder om aan die studente te raak. “Ek voel verlig dat ek, afhangend van wat die uitspraak gaan wees, ek nou met my lewe kan voortgaan en ‘n tipe lewe kan probeer bou – ek is nie meer ‘n jong man nie,” het hy gesê.

Die aanklag van verkragting is een van 12 aanklagte wat deur die Staat laat vaar is.

Die afrigter kan nou moontlik ‘n opgeskorte vonnis ontvang wat moontlik die ouers van die betrokke studente sal verontwaardig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charlotte ·

Hy het mos nou gepleit en mag mos nou genoem word. Ons as ouers wil graag weet vir wie ons op die uitkyk moet wees. Miskien kry hy opgeskorte vonnis of huis arres en oor ‘n paar jaar rig hy weer skelm af en begin van voor met sy molleste!! Noem hom by die naam!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.