Karate-instrukteur se borgaansoek teengestaan

‘n Karate-instrukteur van Fourways wat tans aangekla word dat hy sy leerlinge molesteer het, se borgaansoek is Woensdag in die landdroshof in Randburg teengestaan.

Die 68-jarige instrukteur word ook daarvan beskuldig dat hy een van sy leerlinge 20 jaar gelede verkrag het. Sy saak is tot Januarie 2012 uitgestel.

Landdros Vincent Pienaar het gesê dat die instrukteur nie voldoende bewys kon lewer wat uitsonderlike omstandighede aandui nie. Hy het bygevoeg dat dit moeilik is om te glo dat 11 van die beweerde slagoffers sou saamsweer om klagtes teen die instrukteur te lê.

Pienaar het voorstelle dat ‘n smerige egskeiding of die weiering om meer aandag aan sekere studente te skenk agter die bewerings skuil, afgemaak. Die landdros het bygevoeg dat hy geskok was om die getuienis van die instrukteur aan te hoor dat hy ‘n “pa-dogter”-verhouding gehad het met die persoon wat hom van verkragting aankla.

Hy het gesê dat die bewerings ernstig genoeg is om in ‘n ope hof aan te hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.