Die borgaansoek van ʼn Johannesburgse karate-instrukteur wat glo van sy studente onsedelik aangerand het, sal Vrydag in die Randburg landdroshof voortgaan.
Die 68-jarige man se regsverteenwoordiger, Jacques van Heerden, het vroeër aangevoer dat sy kliënt borg moet kry aangesien hy geen van die staat se getuies sal probeer intimideer nie. Die staat staan egter borg teen. Volgens die staat sal ander klaers afgeskrik word om na vore te kom indien die man op borg vrygelaat word. Minstens nege van die man se studente beweer dat hy aan hulle private dele gevat het. Die man het in die hof aangevoer dat die aanklagte teen hom moontlik kwaadwillig is. Die beweerde slagoffers is tussen agt en 34 jaar oud.