Karate-instrukteur wat lol gevonnis

‘n Karate-afrigter van Johannesburg is tot korrektiewe toesig gevonnis nadat hy skuld erken het op 11 aanklagte van seksuele en onsedelike aanranding.

Die 69-jarige sensei sal onder huisarres geplaas word en moet gemeenskapdiens verrig as deel van sy straf. Hy is in November verlede jaar in hegtenis geneem nadat van sy studente beweer het dat hy hulle onbehoorlik betas het tydens klasse. Een van die studente het ook beweer dat hy haar verkrag het. Die afrigter het gesê hy het besluit om op die aanklagtes skuldig te pleit en dat dit ‘n moeilike besluit was. Hy hou egter vol dat dit onmoontlik is om karate te leer sonder om aan die studente te raak. Regter Syta Prinsloo sê sy het die man se ouderdom en die feit dat hy ʼn eerste oortreder is oorweeg met vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.