Karate-man sit lank ná hy seuns verkrag

tronkdeurʼn Man is Maandag in die Pietermaritzburg-landdroshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy seuns, vir wie hy karate-klasse aangebied het, verkrag het.

Mohammed Mosiane (23) is sewe keer lewenslank gevonnis nadat hy skuldig bevind is op sewe aanklagte van verkragting van jong seuns.

“Die slagoffers, tussen die ouderdom van vier en 10 jaar oud, het beweer Mosiane het aangebied om vir hulle karate te leer,” het kaptein Thulani Zwane, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, Dinsdag gesê. “Terwyl hulle geoefen het, het Mosiane van die seuns uitgesonder en in afsondering gaan verkrag.”

Zwane sê dit het lank gevat voordat van die kinders die verkragting by hul ouers aangemeld het. “Drie sake van verkragting is in Junie 2009 by die polisie aanhangig gemaak,” het hy gesê. “Die man is in dieselfde maand in hegtenis geneem. Ná sy inhegtenisname het vier ander slagoffers na vore gekom.”

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, die provinsiale kommissaris, het die swaar straf verwelkom en gesê dit stuur ʼn duidelike boodskap aan misdadigers wat op weerlose vroue en kinders toeslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danielle ·

Soms is dit beter om net te swyg, alhoewel dit skree in my binneste.

Johanna ·

Swyg!! Swyg!!????? Die hele wêreld moet dit uitskreeu. Ek hoop hy kry in die tronk dubbel en dwars wat hy uitgedeel het aan onskuldige jong seuns wie se lewens vernietig is (ten minste paar van hulle) en waarskynlik ly hele gesinne daaronder. Dis onbeskryflik, gruwelik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.