Karate-man wat glo lol kry borg

ʼn Karate-instrukteur van Fourways, Johannesburg, wat van verkragting en onsedelike aanranding aangekla word, is Dinsdag borg toegestaan.

Die 68-jarige is aanvanklik in November verlede jaar borg geweier nadat die landdros gemeen het dit is onwaarskynlik dat al die klaers sou saamsweer om vals aanklagte teen hom in te dien. Hy het egter appèl aangeteken teen die beslissing en is Dinsdag op borgtog van R15 000 vrygelaat. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kholeka Gcaleka, sê die saak is uitgestel tot 23 Maart. Die sensei is op 7 November in hegtenis geneem nadat van sy studente beweer het hy het tydens klasse aan hulle private dele gevat. Die klaers is tussen die ouderdomme van agt en 34. ʼn 35-jarige vrou beweer ook dat hy haat as 15-jarige in ʼn hotel verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.