‘n Marienewetenskapinstrukteur wat Sondag in die see aan die kus van Suid-Kalifornië in Amerika gesnorkel het, het op ʼn silwer karkas van ‘n 5m-lange slangagtige spaanvis afgekom.
Jasmine Santana, van die Catalina Island Marine Institute (CIMI), het meer as 15 mense se hulp nodig gehad om die karkas van die kreatuur uit die water te haal, berig Phys.org.
Werkers by die instituut beskryf dit as die vonds van ʼn leeftyd.
“Ons het nog nooit só groot vis gesien nie,” het Mark Waddingtong, ʼn kaptein van een van CIMI se bote, aan die publikasie gesê. Volgens CIMI kom spaanvisse gewoonlik 914 meter ver in die diepsee voor en word hulle gevolglik selde gesien of bestudeer.
Volgens CIMI wil dit voorkom of die vis weens natuurlike oorsake gevrek het. Vleismonsters en beeldmateriaal is na bioloë by die Universiteit van Kalifornië in Santa Barbara gestuur vir verdere ondersoek. Lees meer hier.
Daar baie goed in see wat ons nie weet nie /hopie hul kom nou weer met di miljoene jare storie nie