Karlien en Derick se bulletjies is hier!

Foto deur @ronelbrink op Twitter. Sy het geskryf: "Pappa oppad in om sy twee bulletjies te gaan verwelkom! Ouma sit by die teaterdeur en wag!"

Foto deur @ronelbrink op Twitter. Sy het geskryf: “Pappa oppad in om sy twee bulletjies te gaan verwelkom! Ouma sit by die teaterdeur en wag!”

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar rugbyspeler-man Derick Hougaard se tweelingseuntjies is Donderdag gebore.

“Hulle is perfek! Dankie Abba Vader!” het Ronel Brink, Karlien se ma, op Twitter bevestig.

Die tweeling se name is Daniël en Eliah. Volgens Karlien se Facebook-blad het Eliah 1.95 kg geweeg en hy is om 11:33 gebore. Klein Daniël weeg 1.7kg en hy is om 11:35 gebore.

Bobby van Jaarsveld, Karlien se broer, het vroeër op Twitter geskryf: “Nog nooit so vinnig van vakansie af gejaag nie! Karlien is opgeneem in die hospitaal! Die 2-ling is oppad!!!!”

Karlien het op 10 Junie bekend gemaak sy is swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

rika kotze ·

Baie geluk Karlien en Derick – hoop die twee mannetjies sal vir julle baie vreugde bring

ronel botha ·

Baie baie geluk julle twee glo hulle gaan vir julle groot vreugde bring!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.