Karlien en Derick stel troudatum uit

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en rugbyspeler Derick Hougaard het vroeër die week aangekondig dat hulle eers hul troudatum gaan uitstel.

Hougaard en Van Jaarsveld het vier maande gelede hul verlowing aangekondig, en dié verlowing is glo nie gebreek nie, berig Beeld. Ronel Brink, Van Jaarsveld se ma en bestuurder, het gesê dit kom al “ʼn hele rukkie”. “Daar het ’n punt gekom dat hulle besef het hulle sal indringend daaraan moet aandag gee om ’n oplossing vir hul probleme te probeer vind,” het Brink gesê.

Die paartjie sou in Novembermaand die knoop deurgehaak het, maar ʼn nuwe datum is nog nie vasgestel nie.

“Dit was nie ’n maklike besluit om die troue uit te stel nie, maar omdat albei baie sterk oor die huwelik as instelling en ewige verbintenis voel, wil hulle baie seker maak dat alle onopgeloste sake opgeklaar moet word voor hulle in die huwelik kan tree,” het die paartjie in ʼn verklaring gesê.

“Ek is lief genoeg vir Karlien om te wag om met haar te trou. Ons gaan saam deur alles werk sodat ons huwelik op ’n gesonde basis kan begin. Sy is my ander helfte,” het Hougaard luidens die verklaring gesê. “Derick is steeds my droomman,” het Van Jaarsveld gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Tokki ·

Dis waarvoor kerke ook voor-huwelikse kursusse aanbied … al my pêlle wat dit gedoen het (en meeste van hulle was lyngevalle waar die persoonlikhede big-time gebots het) se huwelike hou na 7+ jare nog steeds ~ omdat hulle onthou wat hulle daar geleer het oor mekaar, oor mense verhoudinge oor die algemeen.
Baie belangrike ding om te onthou: julle kom uit verskillende ouerhuise en sal daarom dinge anders wil doen.
Die tweede belangrike doen om te onthou (sou seker nr 1 kon wees) is: Jy hoef nie elke argument te wen nie!! Sometimesyou can HAVE more by being less!! Neem net so ‘n treetjie terug en as jy nog boonop oulik is en jou kaarte regspeel, sal jou maat heel moontlik dink die hele idee was syne / hare. Onthou: om soms die minste te wees, beteken dat jy iets (argument) moet verloor, maar jy sal vrede & harmonie wen in jou huis! En ja, mense se ego’s is maar broos: die manne en die vroue hou daarvan om gekomplimenteer te word wanneer hulle iets goeds gedoen het, hou daarvan dat mens dankie en asseblief gebruik! Klein woordjies, maar dit kan jou ver bring …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.