Karlien nie beseer in motorongeluk

Die sangeres Karlien van Jaarsveld het ʼn gekkedag-grap dat sy ernstig beseer is in ’n motorongeluk, as “siek” beskryf.

Beeld berig dat SMS’e en BBM’s gister op 1 April rondgestuur is waarin daar beweer word dat Van Jaarsveld in ʼn ongeluk was. Die boodskap het gelui: “Karlien van Jaarsveld is pas in ’n groot ongeluk gewees en is baie ernstig beseer. Sy was opad (sic ) terug huis toe en daar het n (sic ) taxi voor haar ingery en sy het probeer om uit te draai maar toe verloor sy beheer oor die motor en toe rol die motor. Sy is in Medi-Clinic Pretoria opgeneem en ons vra baie mooi om aan haar en haar familie te dink … en stuur asb (sic) vir nog mense aan. Sy het regtig gebede nodig.” Van Jaarsveld sê “sulke grappies is siek” en “laag en gemeen”, veral in ag genome die skoknuus van Zak van Niekerk se dood Vrydag in ʼn motorongeluk. Van Jaarsveld en haar ma, Ronel Brink, was gister in Memel in die Vrystaat waar sy ʼn konsert gehad het, en kon niemand hul vir langer as 24 uur in die hande kry nie aangesien hul geen selfoonsein gehad het nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.