Karlien van Jaarsveld kry goud

ʼn Musiekvideo van Karlien se treffer, Hande, volg onderaan die berig.  Karlien van Jaarsveld se nuutste CD, Uitklophou, slaan inderdaad ʼn uitklophou in die Afrikaanse musiekbedryf. Skaars twee weke nadat die CD vrygestel is, het dit al goue status in verkope bereik. Dit is Vrydagoggend bekend gemaak dat Uitklophou, wat die treffer Hande bevat, 20 000 kopieë verkoop het.

Karlien het vanoggend die nuus op Twitter uitbasuin met: “My album het sopas goud gegaan!!! Dankie Suid-Afrika, U naam alle eer, Here!!!” [sic]

Ronel Brink, Karlien se ma en bestuurder, het kort daarna getwiet: “Vir ‘n cd om GOUD te gaan in minder as twee weke in vandag se ekonomie is ‘n GROOT blessing! Baie, baie geluk @KarlienVanJ en die res vd span!” [sic]

Brink het ook gesê hulle is oneindig dankbaar vir al Karlien en Bobby se suksesse, “maar ons besef dis SLEGS genade uit die hand van ons Skepper!!!”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.