Karton-uitknipsel van polisieman bekamp diefstal

‘n Karton-uitknipsel van ‘n polisieman by ‘n fietsloods van ‘n busstasie in Cambridge, Massachusetts in Amerika, bekamp glo diefstal.

Honderde mense maak daagliks van die fietsloods gebruik. Die “vals polisieman” wat saam met videokameras en ‘n nuwe slot installeer is, het diefstal met tot 67% bekamp,” het Robert Lenehan, adjunkhoof van die polisie, gesê. Volgens Lenehan sou dit die stad ten minste $200 000 per jaar gekos het om voltyds ‘n wag by die fietsloods aan te stel.

Die uitknipsel is eintlik ‘n foto van David Silen, ‘n polisiebeampte van die Massachusetts Bay Transportation Authority. Silen sê die millisekonde wat ‘n dief gebruik om die uitknipsel raak te sien is genoeg om hulle van plan te laat verander.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert Malan ·

Hier in Suid Afrika skrik die gemors nie eers meer vir ‘n regte polisieman nie, hulle maak hom sommer dood as hy pla! Die karton polisieman sal hulle seker aan die brand steek!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.