ʼn Kassier by ʼn winkel in Maitland, Kaapstad, is dood en twee is beseer nadat ʼn muur Woensdag op hulle geval het.
Kapt. Frederick van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê daar is konstruksiewerk gedoen aan die aangrensende gebou toe die grensmuur ineengestort en op die drie kassiere geval het.
“Die kassier is op die toneel dood, die ander twee is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling,” het Van Wyk gesê.
Die polisie ondersoek die voorval.