Kat red eienaar van rower

Argieffoto

ʼn Kat het Maandagmiddag moontlik sy eienaar, Dennis van den Berg, se lewe gered toe ʼn vermeende rower buite die huis rondgeloop, en hy alarm gemaak het.

Van den Berg van Claremont in Kaapstad het aan die Cape Times gesê hy was besig om in sy sitkamer te ontspan toe sy kat, Whisky, eienaardige geluide gemaak en op die vensterbank gespring het.

“Ek het geweet iets is fout en het van die bank af opgestaan, dit is toe dat ek sien ʼn man loop verby my venster na my kombuisdeur,” het Van den Berg gesê.

Van den Berg het die man konfronteer, waarna die man hom aangeval het. Van den Berg het ʼn bofbalkolf gegryp en die rower oor sy kop geslaan, maar is in die proses met ʼn mes gesteek.

Die rower het van die toneel gevlug sonder om enigiets te steel. Van den Berg het geringe steekwonde opgedoen.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lesna Saayman ·

Uit eie persoonlike ondervinding weet ek dat katte dit doen, want my kat het ons ook eenkeer gewaarsku toe inbrekers probeer inbreek. Katte is wonderlike “wag katte”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.