Katastrofies! Die kat kom weer… En weer… En weer…

Karin Bennett en haar katjie, Tabitha

‘n Kat in Johannesburg wat sowat 1 uur en 45 minute in ‘n wasmasjien se tuimelsiklus spandeer het, het sonder ‘n skrapie uitgeklim.

Karin Bennett (63) sê haar veearts reken die kat het sewe van haar nege lewens verloor, berig The Star.  “Ek kan nou die humor daarin sien, maar ek was vreeslik geskok.” Nadat Bennett glo van die winkel af by die huis aangekom het, het sy haar swart katjie begin soek. Sy het by die bure, in die tuin en in kaste gesoek, maar helaas – die kat was nêrens te sien nie. Bennett het die oggend haar beddeken in die wasmasjien geplaas om gewas te word. Sy het eienaardige geluide uit die wasmasjien gehoor, en gedink dat die wasmasjien moontlik ‘n tegniese fout opgedoen het.  Sy het deur die venstertjie geloer en toe die swart, wollerige gesiggie met groot benoude oë gesien. Tabitha is na die veearts gehaas waar sy vir verkluiming behandel is. Die katjie was glad nie beïndruk toe sy na haar Randburgse huis teruggekeer het nie. “Sy het haar rug op my gedraai, asof dit my skuld is dat sy gewas en gespoel is. Dit kon met enigiemand gebeur het. Sy het seker in die wasmasjien aan die slaap geraak,” sê Bennett. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.