Kate & William: Die baba is hier!

Prins William en Kate Middleton

‘n Video van babas wat in die House of Windsor gebore is, volg onderaan die berig. Die hertog en hertogin van Cambridge se baba is vanmiddag om 16:24 gebore.

Kate Middleton het geboorte geskenk aan ‘n babaseuntjie, het Clarence House sopas op Twitter bevestig. Die baba het 3.9kg (8lbs 6oz) met geboorte geweeg. Prins William het sy vrou tydens die bevalling ondersteun.

Die koningin, die hertog van Edinburgh, die prins van Wallis, die hertogin van Cornwall, prins Harry en die familie is in kennis gestel en hulle is verheug oor die nuus.

Dit gaan glo baie goed met ma en baba en hulle sal vanaand in die St Mary’s-hospitaal oornag.

Die baba is in dieselfde vleuel gebore waar prinses Diana aan prins William en prins Harry geboorte geskenk het.

Die baba se naam is nog nie bekend gemaak nie, en dit kan nog ‘n ruk lank duur voordat ons weet wat die kind genoem gaan word. Prins William se naam is eers ‘n week ná sy geboorte bekend gemaak en prins Charles se naam is eers ‘n maand ná sy geboorte bekend gemaak.

Die seun is naas prins Charles en sy pa, prins William, derde in die ry om die troon op te volg.

Lees ook:
Die koninklike baba is op pad!
Wêreld wag (on)geduldig vir koninklike baba
Rekordgetalle vir beroepswedders oor koninklike baba
William en Kate se baba in Julie verwag
Radioprogram ná fopoproep gekanselleer
Fopoproep-verpleegster dood aangetref
Video: Kate is ontslaan

http://youtu.be/KU34g3R70dM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.