“Katelknaap-moordenaar” kry borg

Argieffoto

Argieffoto

Die 63-jarige vrou wat in hegtenis geneem is nadat sy glo haar 35-jarige minnaar naby Lichtenburg in Noordwes met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die hof verskyn.

Sers. Kealeboga Molale het Dinsdag aan Maroela Media gesê die verdagte, Pulane Mashi, is vrygelaat op borgtog van R500. Die saak is tot 9 Desember uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het Maandag berig Mashi het glo Sondag in die vroeë oggendure haar minnaar met ʼn mes in Itsoseng  doodgesteek. Lees meer hier.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en vorm deel van die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

leon ·

Janee, hoe kan dit ooit werk. Sy kon sy ouma gewees het. Vader alleen weet hoe hulle koppe werk.

leon ·

Janee, hoe kan dit ooit werk. Sy kon sy ouma gewees het. Vader alleen weet hoe hulle koppe werk. Maggie is doodstil nou dat ek gese het as die Steenkamp kind skuldig bevind word skuld sy almal wat sy aangeval het n ete met reiskoste ingesluit.

Trippie ·

Leon, jy oordryf nou lekker, aan die ander kant, daar is mos maar diegene wat op 15 / 16-jarige ouderdom kinders kry – gemeet aan ouma en katelknaap se ouderdomsverskil.

Trippie ·

Tja, sommige jong mans soek “sugar mommies” en dan die “ou” tannies weer die katelknapies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.