Katjies uit negende verdieping van gebou gegooi

Argieffoto.

Argieffoto.

Drie katjies en hul ma is onlangs uit die venster van die negende verdieping van ʼn gebou in Durban se middestad gegooi.

“ʼnIinspekteur van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is in Februarie na die toneel ontbied,” het Chris Matheson, ʼn woordvoerder van die DBV in KwaZulu-Natal, Dinsdag gesê. “Een van die babakatjies was reeds dood toe die inspekteur by die toneel opgedaag het. Die ander twee katjies en die ma het gelewe, maar bloed het by hul snoete en bekke uitgekom wat aandui dat hulle erge beserings opgedoen het. Een van die katjies het ook ʼn gebreekte kakebeen en poot gehad.”

Matheson het gesê die ma-kat het ʼn oogbesering opgedoen en ʼn oop wond aan haar agterpoot gehad. “Al die katte moes van kant gemaak word om verdere lyding te voorkom.”

Die polisie ondersoek die voorval. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nataly Nel ·

Dis blêrrie wreed!!! Ek moet nooit iemand sien wat diere mishandel nie! Ek hoop die persoon kry jare se tronkstraf!!!

Cat lover ·

The cretin that did that must also be thrown out of the same floor window!! Bloody bastards!!! They have no soul!! Satan spawn!!

ai toggie ·

Wat is besig om van die wêreld te word? Ek is nou sommer in trane. Sulke onnodige goed en so wreed! As jy nie na die katjies kan omsien , gaan gee hul vir die dbv! Ek wens ek kan daardie persoon uit die gebou gooi sodat hy/sy kan voel hoe die katjies moes voel !!!!!!!!!!!!

wouter ·

Het mense deesdae ni n hart ni ek mag dalk net 14 jaar oud wees maar ek weet wat reg is en vekeerd is en ek moet darem se dit is baie flippen wreed

Nuus_Leser ·

My Hart

Ek het twee van my eie katte, en ek wil huil elke keer as hulle net effens seer het, hoe kan mense diere wat so onskuldig is leed aan doen?

Wat het die katte aan hom / haar gedoen wat hom / haar laat dryf het om die katte by die vesnter uit te gooi? en dit van die NEGENDE verdieping af!! Die woord gooi aleen praat van uiterste woede, en haat. Ag nee man, daar moet bo aan die artikel geskryf word NIE vir sensitewe diere liefhebbers nie.

Rus in vrede kaatjies…

hendrien ·

My hart skoon seer my dogter van 12 malverlief op kate sy sal eerder n kat wil he as n hond elke keer bring sy n kat by di huis aan sy nou al 7 kate en elke een sy naam hul slaap saam haar op di bed gaan sit by haar as sy bad so persoon wat n dier seer maak bel my dan wys ek jo hoe seer kan ek jo maak los di diere uit

Slim Daan ·

Huh ?? Met al die K-A-T-E wil ek nou skoon KHHHHHAAAAAAAAAAAAAT SKIET.
PS
Meen te se….dit kom mos darem uit Sus en Daan se dae uit ? Soos in :-
Kat. Meervoud = KATTE. Magtag.

Inge ·

Wat word van die ‘ding’ wat die arme katjies so wreed uit die venster gegooi het? Tronk straf??

gerrit ·

dis baie wreed maar snaaks dat hier so baie kommentaar is oor die 3 katte en amper geen oor die die boer,sy vrou en seun wat wreed vermoor en toe aan die brandgesteek is nie, mense tel mos nie meer nie.

Yolande Labuschagne ·

Ek is skoon siek deur die te lees. Hoe kan mense so wreed wees. Ek hoop die barbare word aangekla en kry jare se tronkstraf en ontmoet “pappa” in die tronk. Gerrit die mense tel, maar diere tel ook. Albei mense en diere was onskuldig en het dit nie verdien nie. Die punt hier is, as barbare dit aan diere kan doen, kan hulle dit mos ook aan mense doen. En dit is hier waar die wreedheid aangevat moet word, want volgende keer is dit dalk ‘n klein kind of iemand wat by die venster uitgegooi word. Nee f@k die wereld is wreed regtig, die is hel op aarde. Ek sukkel om so iets te verstaan of the verwerk. Die arme arme ma en kleintjies, nee flip, ‘n mens moet nie daaraan dink nie. En die ergste van alles is, die is net goed waarvan mens hoor. Hulle moet ‘n voorbeeld maak van die barbaar en wys wat gebeur as jy diere mishandel. Jy sal vir altyd in die hel brand jou wreedaard!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.