Katrina na sewe jaar herdenk – met nog ‘n orkaan

Foto: Reuters

Dit sal Woensdag presies sewe jaar gelede wees dat die orkaan Katrina New Orleans en omtrekke getref en dood en verwoesting gesaai het. Woensdag sal nog ‘n orkaan volgens waarnemers die streek tref nadat die tropiese storm, Isaac, na verwagting tot ‘n orkaan sou versterk het.

Na raming is sowat 1 500 mense deur Katrina in em om New Orleans dood, en honderde se name is nog nie bekend nie.

In Isaac se aantog is tien mense reeds in Haïti en die Dominikaanse Republiek dood, en die verhoor van die 9/11-verdagte  Khalid Sheikh Mohammed en vier medebeskuldigdes in die Amerikaanse basis, Guantánamobaai, Kuba moes uitgestel word.

Die kongres van die Republikeinse Party wat vandag in Tampa, Florida sou begin, is ook met ‘n dag uitgestel. Die vakansiegangers by Florida Keys is aangeraai om die stad dringend te ontruim

Die goewerneurs van vier state,  Mississippi, Louisiana, Alabama en Florida, het ‘n noodtoestand afgekondig, en olie-installasies ter see is ontruim en die produksie het tot stilstand gekom.

Foto: Reuter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.