Kebble-moordenaars kry wapenlisensies

Mikey Schultz (links) en Nigel McGurky tydens Kebble se moordverhoor op 2 Augustus 2010. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die twee mans, wat staatsgetuies geword het ten einde vervolging te vermy vir die moord op die mynmagnaat Brett Kebble, het glo weer hul vuurwapenlisensies ontvang.

Die Saturday Star berig dat daar verlede jaar onderskeidelik vier en vyf vuurwapenlisensies aan Mikey Schultz en Nigel McGurk uitgereik is. Schultz het glo sy vuurwapenlisensies in September ontvang terwyl McGurk syne in Desember ontvang het. Die twee mans het saam met Faisal Smith beweer dat Kebble in finansiële verknorsing was en dat hy hulle gevra het om hom te help om selfmoord te pleeg in 2005. Die drie is R500 000 elk gegee om Kebble te vermoor. Hulle vuurwapenlisensies is weggeneem nadat hulle in hegtenis geneem is. ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Dennis Adriao, het aan die koerant gesê dat sy kantoor ondersoek instel na hoe Schultz en McGurk se vuurwapenlisensies heringestel is. Die twee het vryskelding van vervolging ontvang deur teen die veroordeelde dwelmhandelaar Glenn Agliotti, die beweerde meesterbrein agter Kebble se moord, te getuig. Agliotti is later vrygespreek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.