Kelner beseer tydens Spur-rooftog

Argieffoto.

ʼn Kelner is Sondagaand in die Spur in Preller-plein in Bloemfontein in die Vrystaat beseer nadat ʼn groep gewapende mans die restaurant beroof het.

Sersant Thabo Litabe het Maandag aan Maroela Media gesê vier gewapende mans het omstreeks 23:00 op die restaurant toegeslaan. “Die verdagtes het die kliënte en kelners beveel om op die grond te lê terwyl die aanvallers hulle beroof het van waardevolle items en selfone,” het Litabe gesê. Die mans het ook ʼn onbekende hoeveelheid bedrag geld uit die kasregisters gesteel voor hulle van die toneel gevlug het.

“ʼn Kelner is beseer toe die mans uit die restaurant gehardloop het en lukraak geskiet het. Die kelener het net geringe beserings opgedoen. Buite die restaurant het die aanvallers en veiligheidsbeamptes ook op mekaar begin skiet. Niemand is buite die restaurant beseer nie.”

Volgens Litabe het die polisie later twee verdagtes, onderskeidelik 31 en 45 jaar oud, in hegtenis geneem en beslag gelê op selfone en geld wat vermoedelik tydens die rooftog gesteel is. Die ander twee verdagtes is nog soek.

Die twee verdagtes behoort binnekort in die hof te verskyn op aanklagte van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Willy ·

Goed dat twee misdadigers gevang is. Hoop dis net tyd voordat die ander twee misdadigers ook aangekeer word. Goeie nuus dat niemand, behalwe die misdadigers, ernstig beseer is nie. Spoedige beterskap aan die kelner.

Pieter Potgieter ·

Wonder net moet ons , ons self elke oomblik self bewapen en op die regte tyd die gemors skiet. Ons het mos opleiding ontvang. Hoekom altyd gaan le en toe gee.

Trippie ·

Pieter, JA, skiet om vrek te skiet ! Dis wat ons moet doen. Noem my EEN plek in hierdie land waar ons Blankes veilig is ? NET EEN PLEK ? NIE EERS IN DIE KERK NIE.

ivor ·

No place are safe…have to be…

Wakefull…careful…armed with your armoury…

Or…Tigress…

Well I just heard the news today
It seems my life is going to change
I close my eyes, begin to pray
Then tears of joy stream down my face…
With arms wide open
Under the sunlight
Welcome to this place
I’ll show you everything
With arms wide open…

Creed…Arms wide open…

Trippie ·

People are often unreasonable and self-centered. Forgive them anyway.
If you are kind, people may accuse you of ulterior motives. Be kind anyway.
If you are honest, people may cheat you. Be honest anyway.
If you find happiness, people may be jealous. Be happy anyway.
The good you do today may be forgotten tomorrow. Do good anyway.
Give the world the best you have and it may never be enough. Give your best anyway.
For you see, in the end, it is between you and God. It was never between you and them anyway.

Mother Teresa

Amy ·

Dis reg!!! Nou kan ons nie eens meer rustig gaan uiteet nie. Ons bly in tronke!!! Selfs by ons werkplekke word dit vir ons ‘hel gemaak.’ Waar moet ons heen?

Jasper ·

Baie tragies. Maar in ligter luim kan ek nie help om te wonder of hulle al die plek weer skoon gekry het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.