Kelnerin verdien glo 1000%-fooitjie

Kristen Ruggiero

Toe Kristen Ruggiero, ‘n kelnerin by Uncle Tony’s Pizza vyf $100-note op die tafel afgekom het, het sy gedink daar was ‘n fout.

“Tel ek reg,” het sy gedink. “Het die klant dalk gedink hy laat vyf $10-note agter?” het Ruggiero, van Rhode Island in Amerika gedink. Die vreemdelinge aan die tafel het haar $42 vir hul pizza geskuld. ‘n Vrygewige fooitjie van 20% sou haar $8 ryker gelaat het. Pleks daarvan om die geld in haar sak te druk, het dié enkelma die geld in ‘n veilige plek bewaar, en gedink die paartjie sou terugkom sodra hulle hul fout agterkom. Toe die paartjie ‘n maand later terugkeer, het hulle gesê die $458 fooitjie was so bedoel.

“Hy het gesê dit is definitief nie ‘n fout nie, en dat ek dit verdien,” het Ruggiero vertel. Ruggiero verdien tussen $60 en $100 per aand in fooitjies. Soos meeste kelnerinne maak sy staat op fooitjies as ‘n inkomste. Sy verdien slegs $2.89 per uur, wat ver minder as Rhode Island se minimumloon van $7.40 is. Dit is egter wettig en standaard vir kelners wat fooitjies verdien om ‘n laer inkomste as die minimumloon te verdien.

“Ek kon ‘n paar rekeninge afbetaal. Dit gaan maar broekskeur,” het Ruggiero gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.