Gedeeltes van Kempton Park, oos van Johannesburg, is sedert Sondagmiddag sonder elektrisiteittoevoer nadat een van die Ekurhuleni-munisipaliteit se kragkabels beskadig is.
Volgens Sam Modiba, die munisipaliteit se woordvoerder, werk tegnici al om die beurt om die fout te herstel. “Spanne gaan omtrent nog ʼn dag lank benodig om die probleem te herstel. Ons hoop om elektrisiteitstoevoer teen Dinsdagmiddag te herstel,” het Modiba gesê.
Die 66kV kabel is Sondag beskadig nadat ʼn kontrakteur glo konstruksiewerk by ʼn kruising gedoen het.