Kenia-bloedbad: Amerikaners en Britse vrou onder aanvallers

kenia bloedbadKenia se minister van buitelandse sake, Amina Mohamed, het bevestig dat twee of drie Amerikaanse mans en ’n Britse vrou onder die winkelsentrum-aanvallers in Nairobi was.

Die aanvallers het sedert Saterdag ’n skrikbewind in die Westgate-winkelsentrum gevoer waarin 62 mense doodgeskiet en minstens 200 beseer is.

“Volgens die inligting wat ons het, is die Amerikaanse jong mans tussen die ouderdomme van 18 en 19 jaar,” het Mohamed gesê. Sy het bygevoeg dat dié mans, van Somaliese en Arabiese herkoms, vermoedelik van Minnesota in Amerika kom.

Kenia se departement van binnelandse sake het intussen bevestig dat die situasie by die winkelsentrum onder beheer is en dat die gewapende magte wat die sentrum nou fynkam, geen verset teëkom nie.

Die oorblywende aanvallers is vermoedelik op een van die boonste vloere van die winkelsentrum by ’n kasino vasgekeer.

Mohamed het gesê regerings moet beter saamwerk. “As hulle só kan saamwerk en hul boosheid só goed kan koördineer, moet ons as regerings beter saamwerk om seker te wees ons bly hulle een voor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.