Kenia-bloedbad: Meer oor die Britse ‘wit weduwee’

Samantha‘n Britse vrou, wat bekend staan as die “wit weduwee, was deel van die groep terroriste wat die aanval op die Westgate-sentrum in Nairobi geloods het.

Al-Shabaab het die name bekend gemaak van die lede wat die aanval uitgevoer het. Onder hulle is die naam van Samantha ‘Sherafiyah’ Lewthwaite, wat as “wit weduwee” bekend staan na haar Britse man in 2005 tydens ‘n selfmoordsending in Londen dood is. Sy het na die aanslag na Somalië verhuis waar sy haar in A l Shabaab opgewerk het.

Al die aanvallers was volgens Al-Shabaab se mededeling tussen 20 en 27 jaar oud. Die aanvallers het Amerikaanse, Britse, Finse,  Sweedse en Siriese paspoorte gehad, en een kom uit Kenia self. Slegs twee van die aanvallers het van Somalië gekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jasper ·

Gee die verpesting n selfmmoordbom sodat sy n einde aan haar haat en verbitterdgeit kan maak.

Minnie ·

dat ‘n vrou so laag kan daal is my te bowe……maar sy het seker nou haar Maker ontmoet wat haar gladnie ken nie!!!!

Waarom ·

Hier is duisende van die gemors die in die land. Al-Qaeda militante groepe word dan in Suid-Afrika opgelei met die regering se toestemming.

christine naude ·

Dat soveel onskuldige mense moes sterf…. sy is WREED…. Die vark

Griet ·

Ek wonder nogal: Waarmee word vroulike selfmoord aanvallers beloon? Haar manlike ewe knieë kry na bewering 70 maagde, wat kry sy? Dalk word sy ‘n man………. ;-) ?

brown ·

dis maklik vir almal om haar nou so sleg uit te maak,almal wat moord met die tong
pleeg is ook moordenaars soos sy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.