Kenia-bloedbad: SA’ner se naam bekend

'n Ambulans staan voor die Westgate-winkelsentrum in Nairobi. Foto: @KenyanRedCross/Twitter

‘n Ambulans staan voor die Westgate-winkelsentrum in Nairobi. Foto: @KenyanRedCross/Twitter

Drie kragtige ontploffings gevolg deur geweerskote is Maandagoggend buite die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenya gehoor terwyl veiligheidsmagte steeds probeer om ʼn bloedige terreuraanval tot ʼn einde te bring.

Volgens die Keniaanse weermag word minder as tien gyselaars steeds in die winkelsentrum aangehou nadat gewapende aanvallers dit Saterdagoggend binnegestorm en op mense losgebrand het. Volgens berigte is minstens 68 mense in die aanval dood en meer as 170 beseer. Die Suid-Afrikaner wat in die aanval dood is, is intussen geïdentifiseer as die 57-jarige James Thomas, het The Star berig. Thomas, ʼn sakeman van Kaapstad, was glo saam met kollegas by die winkelsentrum. “Hulle het pas uit ʼn winkel gekom toe James weg van die groep gedwaal het. Hy was van sy kollegas geskei toe die aanval plaasgevind het,” het Dave Meldrum, woordvoerder van die familie, aan die koerant gesê. “Ons het omstreeks 17:00 Saterdagmiddag ʼn oproep ontvang om te sê hy word vermis. Dit was ʼn baie moeilike tyd vir sy familie en vriende.” Meldrum sê die familie is Sondag kort na middagete van sy dood in kennis gestel. President Uhuru Kenyatta, president van Kenia, se broer- of susterskind se seun en die se verloofde is ook in die aanval dood. Ander buitelanders wat in die aanval gesterf het, was twee mense van Indië, drie Britte, twee Franse vroue, twee Kanadese, ʼn vrou van Nederland en ʼn vrou van China.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jasper ·

Siek lafhartige drek wat onskuldige mense teiken en vermoor om n merk te maak. Hierdie siekte steek veral onder minderheidsgroepe wêreldwyd kop uit. Die gemors moet nie eers verhoor word indien hulle vasgetrek word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.