Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort

Foto: @KenyanRedCross/Twitter

Foto: @KenyanRedCross/Twitter

Minstens ses Suid-Afrikaners, insluitend twee kinders, was in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia vasgekeer toe ʼn groep swaar gewapende aanvallers gister die sentrum binnegekom en op burgerlikes losgebrand het.

Super Moloi, die Suid-Afrika se hoëkommissaris in Kenia, het aan die Sunday Independent gesê hy was telefonies in kontak met ʼn Suid-Afrikaanse paartjie wat in ʼn gang naby die brandtrap weggekruip het. “Ons het hulle aangeraai om net daar te bly en te wag vir die veiligheidsmagte om in te beweeg. Volgens die berig het Moloi later besef dat daar ook ʼn Suid-Afrikaanse egpaar en hul twee jong kinders in die sentrum vasgekeer was. Volgens die berig is al ses Suid-Afrikaners gered. Intussen word daar berig dat skote weer Sondagoggend by die winkelsentrum geklap het. Daar word glo steeds talle gyselaars aangehou. Minstens 39 mense is dood en meer as 150 gewond sedert die geweld Saterdagoggend uitgebreek het. Die Somaliese militante-groep, al-Shabaab, het vroeër verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Nie-Moslems is glo in die aanval geteiken. Die polisie en die weermag het die winkelsentrum omsingel.

Die foto’s is deur Keniaanse Rooikruis op Twitter gepubliseer:

[nggallery id=155]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.