Kenia-bloedbad verby – Keniaanse president

kenia bloedbadDie bloedbad in die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia is verby. Die Keniaanse president, Uhuru Kenyatta het bevestig dat 11 aanvallers aangekeer is, terwyl nog vyf in die slagting dood is. Die aanvallers was verantwoordelik vir die dood van minstens 61 burgerlikes en ses soldate.

“Ons is gewond, maar ons was dapper, sterk en het saamgestaan. Kenia het boosheid in die gesig gestaar en oorwin. Ons het ons vyande oorwin en die hele wêreld gewys waartoe ons in staat is,” het Kenyatta in ‘n televisieuitsending gesê.

Kenyatta het verduidelik dat drie van die winkelsentrum se verdiepings ineengestort het en dat ‘n hele paar liggame van slagoffers en sommige van die aanvallers in die rommel vasgekeer is. Die Keniaanse Rooikruis het intussen gesê minstens 63 mense word nog vermis.

Die president het drie dae van rou afgekondig.

Lees ook:

Al-Shabaab dreig met nog aanvalle
Kenia-bloedbad: Meer oor die Britse “wit weduwee”
Kenia-bloedbad: Amerikaners en Britse vrou onder aanvallers
Kenia-bloedbad: Byna alle gyselaars vry, twee soldate sterf
Video: Spesiale magte help by Kenia-bloedbad
Nuuskommentaar: Wortels van aanval op Kenia-winkelsentrum lê baie diep
Video: Binne die Kenia-bloedbad
Kenia bloedbad: SA’ner se naam bekend
SA’ner sterf in Nairobi-bloedbad
Kenia-bloedbad: SA’ners in winkelsentrum vasgevang, skietery duur voort
Nairobi-winkelsentrumskietery: Al-Shabaab se twiets
Minstens 15 dood in Nairobi-winkelsentrumskietery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pieter Potgieter ·

Tog so hartseer en alles oor mag , maar dit dui op die verdruking wat die kinders van God moet deur gaan. Moslems moet vrede maak met die christene ons bid vir reding van hul siele ook dat hul by God vrede kan vind. En ook dat volke sal terug keer na die God wat alles geskappe het Amen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.