Kêrel verwurg glo eks

crime-scene-tape-320x191ʼn 27-jarige man is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hy glo sy voormalige meisie in Johannesburg se middestad verwurg het.

Ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man het homself aan die polisie oorgegee nadat die polisie Saterdag op die 26-jarige vrou se liggaam in die Cavendish-woonstelblok afgekom het.

Die polisie het vermoed dat sy verwurg is weens merke om haar nek. Een van haar oogbanke was ook opgeswel.

“Die man voer aan dat hy en sy meisie twee weke gelede die verhouding verbreek het, maar dat hulle steeds saamgebly en ʼn bed gedeel het,” het Mbele gesê. Volgens Mbele is die motief vir die moord nog nie bekend nie, en ondersoek die polisie nog die saak.

Die man moet binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.