Kerk se bankkaart gesteel

Die polisie in King William’s Town in die Oos-Kaap is op soek na ‘n 28-jarige man in verband met ‘n gesteelde bankkaart van ‘n kerk.

“Die man het die bankkaart glo gesteel en goedere ter waarde van R7 000 aangekoop,” het lt. Siphokazi Mawisa, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Nadat hy die kaart by ‘n winkel vir sy persoonlike gebruik aangewend het, was hy nie weer deur enige van die lidmate gesien nie. Dit is nie bekend waar hy bly nie, maar die polisie volg leidrade,” het sy gesê. ‘n Saak van bedrog is oopgemaak.

Die polisie het nie aangedui watter denominasie die kerk is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.