Kerkboek is haatspraak, bevind kommissie

Die Menseregtekommissie het Donderdag bevind dat die inhoud van die boek, “Die Raadsplan” deur Lewende Hoop Bedieninge en sy stigterspastoor, Willie Smit, haatspraak is.

“Dié kerkpublikasie gee aanstoot en is gelykstaande aan haatspraak,” het Isaac Mangena, woordvoerder vir die Menseregtekommissie, gesê. Die kommissie het in 2010 ‘n klag ontvang dat dié Vrystaatse kerk en sy pastoor die rassistiese boek, “Die Raadsplan”, geskryf en uitgegee het. Die persoon wat die klag ingedien het, het gesê die boek, die gemeente en sy pastoor beeld die wit ras op só wyse uit asof hulle deur God beskik is om superieur te wees en oor alle ander rasse te regeer.

Die publikasie is aan verskeie Christelike boekwinkels in die land versprei.

Mangena sê die kommissie het bevind dat sommige dele van die boek tot ‘n sekere mate met die persoon se klag ooreenstem.

Die pastoor en sy kerk glo dat hulle hul reg op vryheid van uitdrukking, vryheid van godsdiens, geloof en opinie uitgeoefen het om dié uitlatings te maak en neer te pen. Die kommissie se siening is egter dat die reg tot vryheid van uitdrukking nie tot so mate strek om rassehaat te verkondig nie en dat dit daartoe kan lei dat persone aangehits kan word om skade aan te rig.

Die kommissie hou vol die publikasie diskrimineer teen rasse en is gelykstaande aan haatspraak. Die kommissie bevind dat sulke publikasies onaanvaarbaar is in ‘n vry en demokratiese bestel wat gelykheid as sy sentrale tema voorstaan. Die kommissie stel voor dat die Film- en Publikasieraad stappe doen om die publikasie van alle openbareverspreidingskanale te verwyder. Hy ondersteun ook toepaslike administratiewe en ander sanksies kragtens die Wet op die Film- en Publikasieraad. Die kommissie bepaal dat die Instituut vir Rasseverhoudinge van die Universiteit van die Vrystaat, in samewerking met die Regerende Raad van die SA Raad vir Kerke met Lewende Hoop Bedieninge en Smit in gesprek moet tree om ‘n reeks rasseverhouding-sensitiseringswerkswinkels by te woon.

Die kommissie het versoek dat ‘n skriftelike verslag oor ses maande by hulle ingedien sal word oor die vordering wat gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marlene45 ·

Sterkstaan Ds. Willie, dit is die waarheid wat hulle nie kan hanteer nie!!!! Ons bid vir jou vir krag en leiding!

H J Bester ·

Die Menseregtekommissie is drasties met pastoor Willie Smit en sy Lewende Hoop Bedieninge, alhoewel dit die eerste maal is dat ek van so ‘n kerkgroep hoor.

Twee opinies hieroor: Eerstens sal die Menseregtekommissie, wanneer hulle die Wette van Suid-Afrika wat verband hou met Regstellende Aksie asook Swart Bemagtiging ondersoek, bevind dat dit ook distriminerend is en rassisme bevorder. Hierdie wetgewing, wat allerweë beskou is as sou dit slegs geldig wees vir ‘n bepaalde periode, blyk nou vir ewig op die Wetboek te bly.

In die geval van pastoor Willie Smit van die Lewende Hoop Bedieninge, kan mens tereg bekommerd wees indien die blanke in sy publikansie as superieur uitgebeeld word as sou God dit so beskik het. Indien dit die hooftema van die betrokke publikasie is, is dit voorwaar ‘n growwe verskraling van God se Woord. ‘n Beter voorstelling van die blanke sou waarskynlik wees om hom voor te stel as ‘n meerdere – nie meerderwaardig nie – bedoelende dat God hom reeds bekroon het met geloof en hom toegerus het om Sy Woord in liefde en deernis aan die heidene van hierdie kontinent te kom verkondig. Indien dit die benadering is, sou pastoor Willie Smit dalk baie lof ontvang het. Pastoor Willie moet onthou dat die groot opdrag in die Bybel juis die verkondiging van God se Woord aan alle volke en nasies is – en dit verg baie insette, durf, moed en soms ook verguising.

Peter Wolmarans ·

Eerstens is Ds Willie Smith nie ‘n Pastoor nie maar ‘n Dominee. Hy was in die NG Kerk maar het die Baalpriesterdom verruil vir die waarheid. Natuurlik maak die waarheid seer maar die geskiedenis is die geskiedenis en die waarheid die waarheid. Bester het geen idee waarvan hy praat nie en kan dit Bybels nie regverdig nie. Ek vra: Hoe vier ‘n bont kerk Geloftedag? Aan wie se kant het ons Hemelse Vader gestaan op 16 Desember 1838? Wie is die bruid van Jesus, die bont kerk of ‘n volk? As dit ‘n volk is, watter een? Hoe verstaan Bester en die ander Baalpriesters Matt 13 se gelykenis oor die onkruid? Kan onkruid koring word deur bekering? Hoekom het die Baalpreisters van hulle eie reels af weggeloop en skielik die polities korrekte pad begin loop? Wie kan so ‘n kerk/kerke vertrou wat gatomdraai as dit hulle pas? Ds Willie Smith loop nog steeds dieselfde Bybelse pad en het die moed gehad om die Baalpriesterdom te verlaat en sy staan te staan.
Niemand, maar niemand kan eerlik se dat ons land nou op ‘n beter pad is as toe die Blanke in beheer was nie. Hierdie gelykmakingsteologie van ‘almal is dieselfde in Christus’ is die grootste leuen van ons tyd. Dit was nie in die bekeerde Martin Luther se tyd so nie maar het posgevat onder Johannes Calvyn, ‘n Baalpriester wat Regte en Humanisme onder die hogere ateistiese akademici studeer het. Hy het nooit tot bekering gekom nie, is nie gedoop nie en ook nie gevul met die Heilige Gees nie. Tog is hy die Baalpriesterdom se groot hero en voorbeeld! Dis belaglik!!

Mag ons Almagtige hemelse Vader die leuen saam met die ‘kerk’ vernietig en platslaan! Dit sal wel gebeur.

Dis maar weer so; die blanke Afrikaner sink homself!

Ons bid vir jou Ds Willie, ons sal doen wat ons kan om te help met die verspreiding van die waarheid!

Gideon Joubert ·

Ek glo dat 90 % of meer van die hedehdaagse pastore en of predikante wel baalprofete is soos in God se Woord beskryf. Hulle verdraai die Woord om die hedendaagse mensdom en regeerings van die dag te pas. Nie een van hulle verstaan egter God se woord nie en kan ook nie die waarheid daarvan aan hulle gemeentelede openbaar nie. Die profesie as prediker het vir hulle n’ beroep geword en nie n’ roeping nie wat vir hulle aansien in die gemeenskap gee. Hoe groot gaan hulle ontnugtering nie eendag wees nie.
Die wat die klag teen Ds Smit ingedien het verstaan egter nie waar hulle vandaan kom nie en verstaan duidelik ook nie God se Woord nie. Ek wonder hoekom hulle nie liewer n’ klag indien om God se Woord (Die Bybel vir die van julle wat nie weet wat dit is nie) te verbied in die land nie. Op die manier sal die ware leeraars en gelowiges die regte boodskap kry en al die ander sogenaamde predikante sal vir hulle n eerbare werk moet kry in plaas daarvan om agter die valse verkondiging van die Woord te skuil. Dit wat hulle tans verkondig is beslis nie in lyn met God se woord nie en hulle kan baie uit die waarheid leer wat Ds Smit in sy boek verklaar. Onthou daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.
Groete Ds Willie. Ons bid vir julle almal.

Minda Uys ·

Alles wat geskryf staan in die boek “Die Raadsplan” kan gestaaf word in die 1933 Bybel.

chris fourie ·

Die wat die wwarheid nie sien nie is nie beskore om die waarheid te ken nie. Hulle het ore gekry om nie te hoor nie en oe om nie te sien nie. Sterke ds Willie

Brenda ·

Daar staan in die Woord dat hulle in die laaste dae nie na die gesonde leer sal luister nie, maar vir hulle mense sal aanstel wat hul in hul gehoor sal streel. Ons leef in daardie laaste dae- daarom dat die gesonde leer verwerp word. Baie sterkte, ds Willie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.