Verskeie kerk-, vakbond- en gemeenskapsleiers gaan Donderdag tydens ʼn gemeenskapsvergadering hul kritiek teen die staat se rasbenadering tot regstellende aksie uitspreek. Solidariteit het ook vir Marius Fransman, Wes-Kaapse voorsitter van die ANC, uitgedaag om sy siening van regstellende aksie en die vakbond se hofsaak teen die departement van korrektiewe dienste (DKD) by die openbare debat te stel en te verdedig.
Die vergadering vind om 13:00 in Kaapstad plaas.