Kerke vra dwelmwenke saam kollektes

Foto: www.vice.com

Inwoners van Wentworth in Durban, KwaZulu-Natal, was so keelvol vir misdaad in hul omgewing dat hulle begin het om anonieme wenke oor dwelmhandelaars in hul kerke se kollektemandjies te plaas.

“ʼn Mens kan deesdae nêrens in Wentworth gaan sonder om paaie met dwelmhandelaars of verslaafdes te kruis nie,” het pastoor Cierigh Samaai aan The Sowetan gesê.

Verskeie kerke in die omgewing het dié stelsel begin implementeer en alle wenke word aan die Wentworth-polisie oorhandig, wat dit dan opvolg.

Volgens Samaai is daar ʼn groot dwelmprobleem in die omgewing en mense van so ver as Newcastle gaan na die gebied om dwelms te koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.