Kerke wil TopTV boikot oor porno

ʼn Groep kerke het Dinsdag aangekondig dat hulle TopTV gaan boikot as die betaalkanaal voortgaan met sy planne om volgende jaar pornografie uit te saai.

Die kerke het in ʼn verklaring deur die Family Policy Institute aangekondig dat hy sy miljoene lidmate sal aanmoedig om die boikot te ondersteun deur nie hulle intekengeld te betaal nie of hulle kontrakte met TopTV te kanselleer. TopTV se adverteerders en borge sal ook geteiken word. Die kerke sluit in die Metodistekerk, Volle Evangeliekerk, Evangeliese Alliansie, die Apostoliese Geloofsending, Assemblies of God en die Baptiste-Unie. Die direkteur van die Family Policy Institute, Errol Naidoo, sê Christene is moeg vir die morele verval in gemeenskappe. “Dié Christen denominasies is van mening dat die uitsaai van pornografie vroue verneder en verlaag tot objekte en kinders blootstel aan skadelike inhoud”. Top TV was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

jAN SERFONTEIN ·

Hulle Moet geboikot word want hierdie idee is van die satan self wat hard aan die werk is om die hele wereld te verot en met n die anc regering is dit net makliker vir hom om sy verwoestings werk
. voort te sit!

Deon Opperman ·

My antwoord aan die mense wat wil boikot: vryheid van spraak. Anders is julle nes die ANC. As julle nie die kanaal wil kyk nie, moet dan nie kyk nie. En skaam julle as julle nie genoeg beheer oor julle kinders het om te keer dat hulle daarna kyk nie. Inderdaad – julle hoort dan ook die internet te boikot want daar’s meer pornografie daar beskikbaar as op hierdie nuwe kanaal. Is julle konstant bewus waarna julle kinders op die internet kyk? Indien wel, kan julle hulle ook m.b.t. hierdie porno-kanaal beheer. Dus: hoekom ja vir internet en nee vir hierdie kanaal?

Deon Opperman

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.