Kerkstraat-bom: Jeug hou minuut stilte vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle

Dirk van Eck by die foto’s van sy gesin tydens ‘n vorige kranslegging verlede jaar. Sy vrou Kobie (34) en twee kinders, Ingatius (2) en Nelmari (9), het op 15 Desember 1985 in ‘n ANC-landmynaanval naby Musina gesterf.

AfriForum Jeug gaan Maandag in Pretoria se middestad ʼn kranslegging en ’n minuut van stilte hou vir alle burgerlikes wat tussen 1980 en 1994 in ANC-terreuraanvalle gesterf het. Die geleentheid vind plaas presies 30 jaar nadat die Kerkstraat-bom in 1983 19 mense se dood veroorsaak het.

“Duisende onskuldiges, swart en wit, het die prys betaal van die ANC se wreedaardige aanvalle. Die geleentheid is nie net ’n aanklag teen die ANC se ongebalanseerde oorvertelling van die geskiedenis, waarin ANC-leiers as onbevlekte helde voorgehou word nie, maar ook ’n geleentheid waar diegene wat in terreuraanvalle gesterf het se lewens herdenk word. Die ANC se donker geskiedenis word dikwels weggepraat, maar die realiteit is dat talle families steeds sukkel om die wyse waarop hulle geliefdes vermoor is, te verwerk,” het Charl Oberholzer, die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê.

Oberholzer het bygevoeg dat hierdie aksie deel vorm van AfriForum Jeug se veldtog teen die verdraaiing van die geskiedenis.

Lede van die publiek is welkom om die geleentheid by te woon en moet RSVP deur die woord “kerkstraat” na 31488 te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.