Kernramp laat vlinders muteer

Normale vlerke word met dié van die gemuteerdes vergelyk word. Foto: Scientific Reports

Navorsers van Japan het vasgestel dat vlinders naby die Fukushima-kernramp mutasies ondergaan het.

Die vlinders van die Asiatiese Bloutjie was tydens die ramp in hul larwestadium. Hulle is met voorbeelde van elders in Japan vergelyk, en daar is vasgestel dat hulle kleiner vlerke en beskadigde oë het.

Die navorsers het vervolgens verder met hulle geteël en toe ander defekte, soos misvormde antennas waargeneem.

Die Navorsers meen dit kan ‘n kombinasie van faktore wees soos die oordrag van genetiese mutasies en die inneem van radioaktief-besoedelde kos.

Hulle waarsku dat nie te veel nou van die navorsingsresultate afgelei moet word nie, aangesien die bestraling nie noodwendig ‘n soortgelyke uitwerking op mense sou hê nie.

Die resultate van die navorsing is in die vaktydskrif, Scientific Reports gepubliseer.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.