Altesaam 112 babas is in Limpopo op Kersdag van middernag tot omstreeks 12:00 gebore, het die provinsiale departement van gesondheid gesê.
“Altesaam 52 seuntjies en 60 dogtertjies is gebore,” het Adele van der Linde, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.
ʼn Tweeling is net na 03:00 by Dilokong-hospitaal in die Sekhukhune-distrik gebore.
Die eerste Kersfeesbaba was ʼn seuntjie by die Matlala-hospitaal in die Sekhukhune-distrik.
Die departement het alle ma’s gelukgewens en wens hulle ʼn geseënde Kersfees toe.
Syfers vir ander provinsies is nog nie bekend gemaak nie.
Sjoe!!!! lyk my hulle het net een “hobby” daar in LIMP….popo.