Kerse brand vir Madiba

Die toneel buite die Medi-Clinic Harthospitaal waar Mandela behandel word Foto: Barry Bateman op Twitter

Kerse van hoop brand Vrydagoggend steeds buite die Medi-Clinic Harthospitaal waar oud-president Nelson Mandela behandel word.

Gebedsdienste is Donderdagaand gehou terwyl die land angstig wag vir nuus oor die staatsman se toestand. Die presidensie het Donderdag gesê Mandela se toestand het verbeter, maar hy is steeds in ʼn kritieke toestand.

President Barack Obama, wat Vrydagaand in Pretoria land, het gesê hy sal ʼn besoek aan Mandela aflê indien die Mandela-familie dit goedkeur.

Mandela is sedert 8 Junie in die hospitaal met ʼn herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jacobus van tonder ·

ek lees dat daar donderdagaand gebedsdienste gehou is vir nelson mandela, wat my nogal verbaas is dat die sowetan se voorblad sê dat die voorvader geeste geraadpleeg word om hom gesond te maak! dit is nogal iets wat nie vir my bymekaar gebring kan word nie. wat my verder ontstel is dat die kerke stil bly hieroor en dus daardeur die oproep van voorvader geeste goedkeur, in ‘n land wat kwansuis Christelik georienteerd is word God se naam eintlik misbruik deur sulke belaglike optredes! hierdie land sal nooit regkom voordat ons God se Naam aanroep en die voorvader geeste vermy nie, iemand moet opstaan en sy stem dikmaak vir God, ek wens ek het die platvorm gehad!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.