Kersfees in Las Vegas

Kersfees 2013 by die Bellagio in Las Vegas

Kersfees 2013 by die Bellagio in Las Vegas

Las Vegas-casino’s maak van al hoe groter feesgety-uitstallings gebruik in ʼn poging om toeriste te lok.

Die Bellagio het sy konservatorium in ʼn winter-wonderland verander met ʼn 12.8 meter hoë Kersfeesboom, ʼn lewensgrootte lekkergoedhuis, ʼn sneeubal waardeur jy kan loop en talle boompies wat in die vorm van ysbere gesnoei is.

Die casino se bekende waterfontein dans op klassieke Kersliedjies en toeriste kan ʼn foto neem saam met ʼn sjokolade-Grinch wat 114 kg weeg.

Desember is gewoonlik die stilste maand in Las Vegas. Nagenoeg 3 miljoen toeriste het dié stad in Desember 2012 besoek, in vergelyking met 3.53 miljoen in Maart 2012, het plaaslike owerhede gesê.

Die Cosmopolitan het die grootte van sy ysskaatsbaan verdubbel. Lisa Marchese, hoof van bemarking by die casino, het gesê die uitstallings is ʼn poging om toeriste aan hul kinderjare te herinner. “Dit is nostalgies,” het Marchese gesê. “Dit maak nie saak waar jy grootgeword het nie, almal dink dit is romanties om in die winter te skaats.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.