Kersliedere ná protes op Sodwanabaai

Ongeveer 150 vakansiegangers het bymekaar gekom en Kersliedere by kerslig op die strand gesing by KwaZulu-Natal se gewilde oord, Sodwanabaai.

Volgens Terri Catsis, direkteur van die isiMangaliso-vleilandpark, ʼn Unesco wêrelderfenisterrein wat Sodwanabaai insluit, is Woensdagaand se aktiwiteite ver verwyderd van die protes vroeër die week. “Sowat 150 mense het kom saamsing onder die begeleiding van ʼn musiekgroep wat ʼn maatskaplike werker en ʼn dokter van die nabygeleë Mseleni Hospitaal insluit,” het Catsis Vrydag gesê. Die protes was teen ʼn nuwe permitstelsel wat voertuigtoegang tot die strande sal reguleer. Agt toeriste is versoek om die oord te verlaat en een is in hegtenis geneem en het reeds in die Ubombo landdroshof verskyn. Verdere kriminele oortredings, insluitend ʼn aanval op een van Catsis se werknemers, word ondersoek en gevolglik kan meer mense moontlik in hegtenis geneem word. Die werknemer wat aangerand is, was in ʼn soortgelyke voorval betrokke in April. Volgens Catsis reik owerhede daagliks 200 permitte uit vir voertuigtoegang; 100 vir mense binne die oord en 100 vir mense buite die oord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.