Kersliggies in Adderleystraat skop Kaapse feesseisoen af

Volgens Nuus24 skop die Kaapse feesseisoen Sondag 4 Desember af wanneer die kersliggies in Adderleystraat aangeskakel word as deel van ‘n konsert en karnavalparade.

Meer as 80 000 inwoners en besoekers word verwag om saam met Patricia de Lille, die burgemeester, dié feestelikhede by te woon. Die konsert begin omstreeks 15:30 en plaaslike kunstenaars soos Karin Kortje, Loukmaan Adams en HHP sal die gehoor vermaak. Die feestelikhede duur tot 23:00 en verskeie paaie sal gesluit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.