Kersvader geskors toe hy met sak patats vorendag kom

Argieffoto

‘n Britse Kersfeesvader is geskors nadat hy kinders glo vertel het Kersfeesvader bestaan nie regtig nie en met die kinders oor die onlangse massamoord by ‘n skool in Amerika gepraat het.

Die man het by die Notcutts-tuinsentrum in Oxford, suid van Engeland, gewerk toe hy glo aan Ryan (10), Amy (7) en Katie Kennett (6) vertel het dat hy nie die ware Kersfeesvader is nie. Wendy Kennett, die kinders se ma, het aan die Oxford Mail gesê die man het begin deur met die kinders oor die onlangse massamoord by die Sandy Hook-skool in Amerika te praat. Volgens Wendy het die man gesê: “Wel, daar is slegte mense in die wêreld, en slegte dinge gebeur, soos wat met daardie kinders in Amerika gebeur het.”

Ryan was alleen saam met die man, maar het bykans onmiddellik daarna uitgehardloop en aan sy ma gesê: “Kersfeesvader sê hy is nie regtig nie, dit is net jy en pappa!”

“Ek was baie kwaad. Ek het nou drie kinders in trane,” het Wendy bygevoeg.

‘n Woordvoerder van Notcutts het bevestig die man is net ‘n vrywilliger en dat hy vir die res van die seisoen geskors is. “Hy werk al 10 jaar vir ons sonder enige klagtes en ons sal met hom vergader om die voorval te bespreek,” het die woordvoerder gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frikkie botes ·

Lieg vir die wereld en kinders en breinspoel hulle en alles is reg, maar wee jou as jy hulle die naakte waarheid wil vertel. Satan is die vader van alle leuens en kesvader is satan se skepsel. Kersfees het niks maar niks met Jesus te doen nie, maar alles met vader kersfees. Kyk christene hoe kleef julle aan die leuen van satan, dan kla julle as die verderf oor julle kom.

Brenda ·

25 Desember is NIE eers Jesus se geboortedag NIE!! Die datum staan nerens in die Bybel nie en Jesus self gee ons nerens opdrag om Sy geboorte te herdenk nie. Kersfees is ‘n heidense gebruik en ‘n instelling wat deur die heidene van Babilon gevier is . Dit is net so deur die Christene oorgeneem en verchristelik deur ‘n Bybelse kleur daaraan te gee en te maak of dit Jesus se geboorte is. Vir die ontstelde ma wil ek net se dat God se Woord se dat die waarheid ons VRY maak. Vry van Kersfees en vry van kersvader. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.